رسالة جامعية

Invloed van vloeibare kuringsmetodes op plastiese krimpkrake van beton ; Influence of liquid curing measures on plastic shrinkage cracking of concrete

التفاصيل البيبلوغرافية
العنوان: Invloed van vloeibare kuringsmetodes op plastiese krimpkrake van beton ; Influence of liquid curing measures on plastic shrinkage cracking of concrete
المؤلفون: Visagie, Jurie Wynand
المساهمون: Combrinck, Riaan, Stellenbosch University. Faculty of Engineering. Dept. of Civil Engineering.
بيانات النشر: Stellenbosch University
سنة النشر: 2020
المجموعة: Stellenbosch University: SUNScholar Research Repository
مصطلحات موضوعية: Concrete -- Cracking, Concrete -- Durability, Fiber-reinforced concrete, Concrete -- Plastic properties, Concrete -- Curing, Plastic shrinkage cracking (PSC), UCTD
الوصف: Thesis (MEng)--Stellenbosch University, 2020. ; AFRIKAANSE OPSOMMING: Die kraak van beton is ‘n algemene probleem wat kan lei tot verlies aan duursaamheid, dienslewe en estetiese waarde. Tog is daar verskeie beskikbare maniere om die ontwikkeling van krake te verhoed of te beperk met onder meer die gebruik van verskeie kuringsmetodes en -materiale. Die mees gebruikte metodes onder die verskeie beskikbare kuringsmetodes, is die bespuiting en bevogting van beton met water. Hierdie is egter slegs twee van vele beskikbare metodes gemik op die kuring van vars en verharde beton. Die vorming van krake gedurende die vars staduim staan bekend as plastiese krake aangesien hierdie krake gedurende die plastiese na semi-plastiese fase van beton vorm. Die gevaar van plastiese krake word veral gevind in elemente met groot oppervlakareas wat aan omgewings met hoë verdampingstempo blootgestel is. Die studie ondersoek die invloed van vloeibare kuringsmiddels op plastiese beton. Dit word algemeen aanvaar dat faktore soos krimp, versakking en kapillêre druk die kraak van beton beïnvloed aangesien die faktore oorwegend plaasvind gedurende die stolling van beton. Dit is gedurende die plastiese fase dat dié faktore die meeste deur kuring beïnvloed word. Dit word algemeen aanvaar dat oppervlakkuring die gevaar van plastiese krake verminder indien die middels op die regte tyd, plek en wyse toegepas word. In hierdie studie word beide enkel en veelvuldige toepassings, sowel as drie kuringsmiddels, gebruik om die invloed van kuring op plastiese kraakontwikkeling en die gedrag daarvan te ondersoek. Enkeltoepassing van waterkuring is toegepas op kritieke tye gedurende die ontwikkeling van plastiese krake, naamlik vóór die opbou van kapillêre druk, begin van beduidende krimp, vóór en op die eerste sigbare haarlynkraak, sowel as gedurende die vinnige kraakgroeiperiode. Veelvuldige toepassings van waterkuring is toegepas om die krimp van beton in te perk en sodoende die kraak van beton te verminder of selfs te voorkom. Die gedrag van ...
نوع الوثيقة: thesis
وصف الملف: xv, 80 leaves : illustrations (some color); application/pdf
اللغة: Afrikaans
العلاقة: http://hdl.handle.net/10019.1/108248Test
الإتاحة: http://hdl.handle.net/10019.1/108248Test
حقوق: Stellenbosch University
رقم الانضمام: edsbas.87DF89CA
قاعدة البيانات: BASE